Bid vir die Nasies: Afganistan

Op Maandag 1 Julie – gedurende spitstyd, naby die ministerie van verdediging in Kaboel – het ’n bom ontplof wat die lewens van ten minste 10 mense geëis het en soveel as 100 mense is beseer, waaronder 35 skoolkinders was. Afgaanse veiligheidsmagte het toe ure lank met gewapende Taliban-mans, wat ná die ontploffing ’n gebou bestorm het, geveg. Vredesgesprekke tussen Amerika en Taliban-leiers het in Doha begin, in ’n poging om ’n 18-jaar lange burgeroorlog in Afganistan te beëindig. 

Van Afganistan se bevolking van sowat 37 miljoen mense, is slegs 0.1% belydende Christene. Dit is ’n klein, maar veerkragtige ‘ondergrondse’ Kerk, wat te midde van geweldige druk en ’n uitgerekte oorlog, oorleef.  Bid asseblief saam vir Afganistan.

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.