Bid vir die Nasies: China

Op Dinsdag 1 Oktober het China 70 jaar se Kommunistiese Party-bewind gevier, ter herdenking van die dag toe Mao Zedong die stigting van die Volksrepubliek China verklaar het. Ondanks Mao se kontroversiële nalatenskap (sy beleid het gelei tot die dood van miljoene mense), is die hedendaagse China se ‘stigtersvader’ tydens dié vieringe vereer.

Soos China as ’n nasie gegroei en ontwikkel het, só ook het die Chinese Kerk gegroei. Ondanks dekades van ernstige vervolging deur die regering, is daar amptelik tans ongeveer 60 miljoen Christene in China (hoewel die werklike getal waarskynlik tussen 100 en 120 miljoen is) en kan die Chinese Kerk teen 2030 die grootste Christelike bevolking ter wêreld uitmaak.  Chinese sendelinge bereik omliggende lande met die evangelie. Christene word steeds vervolg.  Bid asseblief vir hierdie uiters strategiese nasie.

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.