Bid vir die Nasies: Horing van Afrika

Op Woensdag 7 Augustus het die Europese Kommissie aangekondig dat hy €50 miljoen ($56 miljoen) in nood humanitêre fondse bewillig om gemeenskappe wat deur die droogte, in die Horing van Afrika geraak word, te ondersteun. Die droogte het middel 2018 begin en die streek het minder as 50 persent van sy gemiddelde jaarlikse reënval tussen Maart en middel Mei 2019 ontvang. Hierdie droogte raak meer as agt miljoen mense in Ethiopië, meer as vyf miljoen in Somalië en meer as 1.5 miljoen in Kenia. 

Baie van die droogtegeteisterde gebiede, word ook deur interne geweld en konflik geraak, aangesien veewagter-gemeenskappe om kwynende hulpbronne meeding, ondervoeding, hongersnood en aansteeklike siektes.
Die Horing van Afrika is die tuiste van ongeveer 115 miljoen mense. Somalië het die kleinste Christen- gemeenskap (0.3% belydende Christene), terwyl Kenia die grootste hoeveelheid Christene het (78%). 
Bid asseblief saam

“Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ‘n dor en droë land, ’n land sonder water.” (Psalm 63:2)

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.