Bid vir die Nasies: Irak

Irak se regering het op Sondag 6 Oktober aangekondig dat meer as 100 betogers en agt veiligheidsbeamptes dood is en meer as 6,000 beseer is in ses dae van landswye betogings. Betogers het geëis dat korrupsie, nepotisme en massawerkloosheid tot ’n einde moet kom en dat die voorsiening van basiese dienste moet verbeter. Dit het op 1 Oktober in Bagdad begin, maar het spoedig na ander Irakse stede versprei. Die onrus is die ernstigste uitdaging wat Irak in die gesig staar, sedert hulle twee jaar gelede die militante van die Islamitiese Staat oorwin het. 

Die Kerk in Irak is een van die oudstes ter wêreld, maar het die afgelope paar jaar onder geweldige druk verkeer, en Christene staar ná 1,400 jaar van vervolging, uitwissing in die gesig.  Die meeste van hulle het na ander lande gevlug. Bid asseblief saam vir Irak

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.