Bid vir die Nasies: Sahel Streek

Die Franse minister van verdediging, Florence Parly, het op Sondag 2 Februarie gesê dat hulle nog 600 soldate gaan ontplooi in die stryd teen Islamitiese militante in Afrika se Sahel-streek, suid van die Sahara. Frankryk het reeds 4,500 soldate wat in die streek gestasioneer is. Hulle doel is om die magte te versterk in reaksie op ’n toename in gewelddadige aanvalle deur ’n verskeidenheid militante jihadistiese groepe.

Die Sahel-streek sluit Senegal, Mauritanië, Mali, Burkina Faso, Algerië, Niger en Nigerië in. Geweld in die streek het oor die afgelope paar maande dramatiese toegeneem.

Ongeveer 327 miljoen mense woon in die Sahel-streek, waar Islam die dominante godsdiens is en Christene ’n minderheidsgroep is. Christene staar dikwels dood, ontvoering en ontworteling, veroorsaak deur hierdie ekstremistiese groepe, in die gesig terywl hul regerings min doen om geregtigheid te laat geskied.

Bid asseblief saam  vir die Sahel-streek.

“Moenie so hard vir Christus werk dat jy nie krag het om te bid nie, want gebed verg krag.”  (Hudson Taylor)

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.