Bid vir die Nasies: Soedan

Bykans ’n miljoen van die 11 miljoen mense in Suid-Soedan word deur verwoestende oorstromings geraak is en hulle benodig dringend lewensreddende hulp. Die regering het ’n noodtoestand aangkondig en doen ’n beroep op wêreldmagte vir verhoogde internasionale steun om hulle te help om hierdie erge natuurramp, te hanteer.

Tienduisende mense het hul huise verloor en bly in tydelike skuilings. Dorpe en kleiner gemeenskappe is totaal verswelg deur die stygende water, te midde van stygende kommer oor die moontlike uitbreek van siektes en hongersnood. Selfs vóór die onlangse oorstromings, was daar beraam dat 4.5 miljoen mense, tussen September en die einde van die jaar, nie sou weet waar hul volgende maaltyd vandaan sou kom nie. Die getal kan in die nuwe jaar verder klim, vanweë die stortreëns. 

Bid asseblief vir Suid-Soedan – dat daar ’n uitstorting van medelye van ander lande en die wêreldwye Kerk sal wees, sodat duisende lewens gered kan word.

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.