Bid vir Egipte

Op 19 Mei het ’n bom langs die pad dig by ’n toerbus naby Egipte se piramides ontplof en 17 mense is beseer (insluitende Suid-Afrikaners en Egiptenare). Gelukkig is geen sterftes aangemeld nie. ’n Paar maande gelede, in Desember 2018, is drie Viëtnamese vakansiegangers en hul Egiptiese gids dood toe ’n bom langs die pad by hulle bus ontplof het; ook naby die piramides. Geen groep het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.

Onstabiliteit binne die land het ’n negatiewe invloed op alle aspekte van die samelewing, insluitende die lewendige Egiptiese Kerkgemeenskap (ongeveer 10% van die bevolking).

Bid asseblief saam vir ons broers en susters in die Here Jesus in Egipte, en vir die owerhede wat poog om hul nasie ’n veiliger plek te maak.

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.