Bid vir Nasies: Malawi

Op Maandag 29 Julie het vyf Malawiese hooggeregshof-regters met beraadslaging begin om ’n politieke krisis, wat tot voortdurende betogings in die normaalweg rustige Suider-Afrikaanse land gelei het, op te los. Bewyse van wydverspreide onreëlmatighede tydens die presidensiële verkiesing op 21 Mei het die afgelope twee maande, ’n golf van openbare betogings tot gevolg gehad.  Die krisis het wisselvalligheid in die plaaslike geldeenheid veroorsaak en tot die stagnasie van ’n reeds brose ekonomie, in een van die armste lande ter wêreld, gelei.

Ongeveer 75% van Malawiërs is belydende Christene, insluitend die huidige opposisieleier Lazarus Chakwera (’n voormalige predikant) wat die verkiesingsuitslae betwis.

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.