Ds Chris se preek 07/06/2020
Verwagtinge is deel van ons lewens en ons verhouding met God. Die belangrikste verwagting wat ons het is dié van Sy Tweede koms. Sy Tweede koms hou verband met verlossing teenoor Sy Eerste koms wat oor die vernietiging van sonde gegaan het (Hebreërs 9:28). Ons moet met die tweede vewagting lewe. Die eerste verwagting het reeds gebeur en is afgehandel. Die tweede verwagting is nou die belangrikste verwagting.