Yoti – Die Griekse Boertjie

Yoti die Griekse Boertjie kom vier sy 50se jaar in die musiekbedryf Saterdag 28 Maart 2020 om 09:00 by ons, NG Gemeente Lyttelton Noord. Dit gaan n besondere geleentheid wees teen ‘n baie billike R60 pp. Kerrie-en-rys en pannekoek sal te koop aangebied word.  Glo almal wat van sang en musiek hou sal by ons aansluit.

Yoti die Griekse Boertjie (gebore Panayoti Loizos[1]) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger wat vertonings in Afrikaans, Engels en Grieks aangebied het. Yoti is in Suid-Afrika gebore, maar sy ouers is van Siprus afkomstig. Sy lied, Die wit Angelier, wat hy self gekomponeer het, het vir drie weke die nommer een posisie op die Afrikaanse Treffers behou. Hy was ook deur die ATKV vereer vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.

https://af.wikipedia.org/wiki/Yoti_die_Griekse_Boertjie

 

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.