Nou-ja-toe, dinge gebeur soms vinniger as 'n mens verwag. Daar is nou 'n Kategorie vir Skrywerskuns (Weet nie eens of daar so 'n woord bestaan nie). Voorlopig verdeel ons dit in Gedigte (Rympies of resitasies), getuienisse en kortverhale. Stuur dit gerus aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Aanvanklik sal die publikasies slegs Sondae opdateer word ("Live" gaan). Wees asb geduldig; ek het informeel opleiding vir 'n halfuur ondergaan en is nie naastenby so "op die bol" met die rekenaar of die programme nie.
Moenie skaam of bang wees om hulp of raad aan te bied nie; dan weet ons daar is geen agteraf gemor nie.
Hier is 'n gulde geleentheid om van julle te laat hoor. Ons wil lewe bring in die webwerf en is gulsig om die eerste paar stukkies te plaas. Gee dit enige onderwerp, tema en inhoud, maar hou asb in gedagte dat ons dit tot eer van die Drie-enige GOD doen.
Ons beplan om ook 'n afdeling vir gedigte, getuienisse en later kortverhale te hê. Jul passie en gretigheid om hiervan 'n sukses te maak sal bepaal hoe vinnig ons groei.
Ons tema vir die jaar is evangelisasie in die omvattende sin van die woord. Ons wil graag 'n lewensverrykende verskil in mense se lewens maak deur hulle fisiese, emosionele, psigiese en geestelike behoeftes aan te spreek. Om dit te verwesenlik het ons natuurlik hulpbronne nodig, en dan veral menslike hulpbronne. Die bereiking van ons kort sowel as langtermyn doelwitte gaan alleen moontlik wees as daar mense, met 'n brandende passie, tyd kan en wil maak om mense se behoeftes aan te spreek. Ons as gemeente is op die oomblik betrokke by twee projekte; die eerste daarvan is die CHICS program, en die heel nuutste is die projek in Tech basis. Indien jy enige van die twee projekte betrokke wil raak skakel gerus Marina Malan op 082 505 2616 of stuur 'n epos na
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Jy kan ook met Peter Nagel op 073 563 5055 of epos na
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
Daar is tans twee projekte binne die CHICS Program. Hierdie projekte val binne die breë strategie om plaaslike kerk fasiliteite te benut ten einde lae-inkomste huishoudings te bemagtig om om te sien na weerlose kinders. Die CHICS poppekas projek konsentreer op die bemagtiging van kinders deur ‘n omvattende lewensvaardigheidsprogram gemik op die verbetering van lewenskwaliteit in die konteks van die huishouding. Die tweede projek konsentreer op die bemagtiging van ouers en versorgers van kinders in lae-inkomste huishoudings