Bid Vir die Nasies: China

China is ‘n land waar Christene vervolg word – 23ste op die lys van lande waar die vervolging van Christene plaasvind.  Dis ook die land waar die Corona virus uitgebreek het (in die Wuhan omgewing) en nou oor die wêreld heen versprei.  Ten spyte van die krisis waarin die land is, gaan die regering voort om Christene en die kerk te vervolg.

Maar die Christene is nie ontmoedig nie.  Hulle stap in Wuhan rond en deel maskers en geestelike literatuur uit aan die mense wat hulle in die strate teëkom.  Hulle dra self ook maskers en so beskerm hulle hul identiteit.

In die tyd waar mense baie min hoop het, is die Christene – ons broers en susters – onstuitbaar in hulle liefde vir die Here en vir hulle mense.  Hulle deel die hoop wat daar in Jesus is, met despirate mense. EN die mense is baie ontvanklik vir die Evangelie.  Bid asb saam. (Bron:CBM Nuus)

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.