Bid vir die Nasies: Die Vervolgdes

27 November is ‘Rooi Woensdag’ – ’n dag om te bid en bewusmaking te skep vir diegene wat vervolg en verdruk word weens hul geloofsoortuigings. 
Volgens navorsing word ten minste 327 miljoen Christene regoor die wêreld weens hul geloof in Jesus Christus vervolg. Vervolging kan baie vorme aanneem. Daar word elke maand 345 Christene vermoor word – dikwels in die openbaar en sonder dat geslag of ouderdom in ag geneem word; 219 Christene word ontvoer en onbepaald gevange gehou sonder verhoor; 180 vroue en meisies word verkrag, seksueel aangerand of gedwing om te trou; en 106 kerke word gesloop.

Die doel van ‘Rooi Woensdag’ is om harte te verenig en stemme op te rig ter ondersteuning en in gebed vir diegene wat vervolg word. In die gees van Christus, laat ons egter nie die vervolgers vergeet nie. 
Bid asseblief saam met ons vir die vervolgers en diegene wat vir hul geloof in Christus vervolg word.

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.