Bid vir Israel en Libanon

Op Sondag, 1 September, is missiele oor-en-weer gevuur langs die grenss tussen Israel en Libanon, ná ’n week van spanning tussen dié twee lande. Hassan Nasrallah, die leier van Hisbolla in Libanon, het opnuut bevestig dat die groep op enige Israeliese hommeltuig-aanvalle sal reageer, maar het benadruk dat hulle nie wil hê dat die konflik moet vererger nie.
Israel se weermag het gesê dat hulle Sondag op Libanon gevuur het, nadat Hisbolla verskeie anti-tenk-missiele op hul weermagbasis en voertuie naby die grens, gevuur het. Hisbolla het gesê dat hulle op ’n vroeëre hommeltuig-aanval deur Israel, gereageer het.


Israel het ’n bevolking van ongeveer 8.5 miljoen mense, waarvan slegs 1.7% Christene is (meestal van Arabiese herkoms). Libanon het ’n bevolking van ongeveer 6.86 miljoen waarvan 31.8% van die mense wat in Libanon woon, Christene is. Bid asseblief vir Libanon en Israel.

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.