Bid vir Sri Lanka

Op Paassondag [21 April] het agt verwoestende bomontploffings verskeie luukse hotelle en drie kerke, wat besig was met Paasfeesdienste, in Sri Lanka geruk. Dit het die lewens van meer as 300 mense geëis en 500 ander is gewond. Dit was die eerste groot aanval op dié eiland in die Indiese Oseaan sedert die einde van die burgeroorlog, 10 jaar gelede.

Ongeveer 1.2 miljoen van Sri Lanka se 21 miljoen inwoners is Katolieke, en dit sluit lede van beide groot etnisiteite, die Singalese meerderheid en die Tamil-minderheidsgroep, in. Oor die afgelope paar jare was daar botsings tussen die Boeddhistiese meerderheid en Moslem-minderheidsgroep. 

Bid asseblief saam met ons vir Sri Lanka.

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.