Bid vir die Nasies: Egipte

Op 1 Julie 2019 het die staatskomitee, verantwoordelik vir die wettiging van ongelisensieerde kerke in Egipte, die wettiging van 127 kerke en kerkverwante diensgeboue regoor die land, goedgekeur. Dit het die totaal kerke en geaffilieerde geboue wat gewettig is, sedert die komitee in 2016 gestig is, tot op 1,021 te staan gebring.

Egipte is tans die tuiste van die grootste Christen-gemeenskap in die Midde-Ooste (12.7% van die bevolking is belydende Christene). Die amptelike erkenning van hierdie kerkterreine is rede om te vier vir die Kerk in Egipte én vir ons, hulle broers en susters regoor die wêreld

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.