NG Kerk Oostelike Sinode – Familienuus 363

VANUIT DIE SINODEHUIS

Ons seënbede vir hierdie derde kwartaal: “aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid.” Efesiërs 3:20 – 21

Francois Retief  

GEMEENTES

Ons het verlede kwartaal vertel van die skielike afsterwe van ‘n personeellid in die kerkkantoor van Lyttelton. Hier is ‘n mooi getuienis

Ons gee inligting van ‘n geleentheid wat die Sinode van Dordt 400 jaar gelede herdenk.

Carl Louwrens vertel dat die grootste behoefte van die sikloon-geteisterde gemeentes in Mosambiek die herstel van hulle “prayer-houses” is. Dis ‘n baie basiese struktuur – eintlik maar ‘n soort afdak. Dis die hart van die gemeenskap se sosiale struktuur. Dis ook hier waar die getuienis van die kerk helder gehoor en beleef kan word. Die koste om só ‘n struktuur te herstel? R15 000. Dit klink soos iets wat ‘n gemeente kan aanpak. Skakel gerus met Carl by crl@telkomsa.net

Vir die jonges in ons gemeentes is daar ‘n heerlike ekologie-kampHier is ook ‘n Video wat meer vertel.

Baie dankie aan al die gemeentes wat vir ons hulle geskiedenis gestuur het.  Dit is aan die Argief Stellenbosch gestuur, en hulle is besig dit op die gemeentegeskiedenis webblad geplaas.

LERAARS

Johan van der Merwe van die Teologiese Fakulteit se pa is verlede naweek oorlede. Sterkte, Johan.

Arrie Preller van Komatipoort het na Despatch-Suid vertrek nadat hy ‘n beroep aangeneem het.

Jurgens de Jager beplan ‘n gholfdag vir leraars en emeriti. Kontak hom gerus by dsjurgens@ngwitrivier.co.za

FINANSIËLE STATE 2018/2019

Baie dankie vir al die state wat ons teen die sperdatum ontvang het. Ons waardeer die harde werk wat hiermee gedoen word. Help ons asseblief met die laaste paar wat nog moet inkom.

Onthou dat die state deur die kerkraad goedgekeur moet word na deeglike bespreking van die syfers – en die verhaal wat die syfers vertel.

En onthou dat ons werk met fondse wat deur ons lidmate aan ons toevertrou word om in die koninkryk van God ‘n verskil te maak…

CHRISTELIKE MAATSKAPLIKE RAAD

CMR Mpumalanga vertel die verhaal oor ‘n babastemmetjie in ‘n swart sak asook oor ‘n seuntjie wat dit nie maklik het nie. 

Ons weet dit reeds: vroeë kind-ontwikkeling is prioriteit. Susan Louw vertel van geleenthede wat die CMR hiervoor skep.

TOERUSTING

Bybel-Media se nuusbrief bevat inligting oor belangrike hulpmiddels vir die bediening.

Excelsus gee inligting oor Lentekonferensie 2019 asook die program vir die derde kwartaal…

Manie Groenewald reël ‘n werkswinkel oor kleingroep-bediening

Inligting oor die mpa se Gemeenteleiers-konferensie op 20 Julie.

Braam Klopper is ‘n kenner oor die rou-proses en bied ‘n konferensie hieroor aan. 

Petrus Moolman bied ‘n Saterdagseminaar: hoop na hartseer – om nuwe lewe en hoop te vind na die dood van ‘n geliefde.

Die Christelike Lektuurfonds se Nuusbrief vertel van hulle produkte 

Nuwe Kerkbode-app  

Kerkbode is deesdae ewe tuis op die virtuele rakke van die digitale wêreld se app-winkels as in die voorportale van byna 400 gemeentes wat getrou inteken op die koerant se gedrukte weergawe. 

Ons weet Kerkbode-lesers wil, tesame met die lekkerlees-ervaring van die papierkoerant wat 18 keer per jaar verskyn, ook deur die week op hoogte bly van vuurwarm kerknuus en die jongste vakatures. As volwaardige multiplatform-kerknuusdiens is dit ons doel om aan daardie behoefte te voldoen. Daarom is ons opgewonde-trots oor die nuwe Kerkbode-app. 

Die nuwe weergawe is sedert Mei 2019 vir Android- en Apple-gebruikers beskikbaar. Die vroeë aanduiding is dat daar later vanjaar meer as 2 000 gebruikers van die app sal wees.

Om die app af te laai, besoek www.kerkbode.co.za en volg die skakel na die app-winkel in die regterkolom van die tuisblad. 

VAKATURE

Die Hugenote Kollege te Wellington adverteer ‘n pos vir ‘n nuwe rektor.

‘N MENS SLAAP NET BETER AS ALLES OP HULLE PLEK IS

Hier is die verhaal van ‘n dominee en sy kerkkantoorpersoneel wat hulle belangrike dokumente en argiefmateriaal gered het – en hier is die foto’s as bewyse…

VERJAARDAG – OOSTELIKE SINODE 40 JAAR

Op 2 November 2019 is ons Sinode 40 jaar oud. Ons gaan hier herinneringe uit die ouer dae opdiep. Moet nooit die waarde daarvan om julle gemeente se geskiedenis te vertel en weer te waardeer, onderskat nie. Gesels gereeld oor die “groot dinge wat God gedoen het…”

Ons vertel die verhaal van ons oudste gemeente: Lydenburg

EMERITI

Ds (emeritus) Morkel Smuts (Lyttelton-Oos 1982 – 1989) is op 11 Junie oorlede.

VERJAARSDAE – PREDIKANTE

20 Julie – Cornelis Oberholster, Pierre van Ryneveld, cornelisoberholster@gmail.com
20 Julie – Francois Schwalb, Laeveld, francois@zz2.co.za

24 Julie – Danie Veldsman, Dosent UP, danie.veldsman@up.ac.za
26 Julie – Anton Badenhorst, Pretoria-Oosterlig, anton@oosterlig.co.za

 

VERJAARSDAE – EMERITI

16 Julie – Christo Longland, Goedgegun-Swaziland 2001, christo@qtnkerk.net

VERJAARSDAE – GEMEENTE

24 Julie – Badplaas, ngkerkbadplaas@tiscali.co.za (46)
25 Julie – Debruinpark-Ermelo, ngkdeberm@telkomsa.net (46)
29 Julie – Moreletapark, info@moreleta.co.za (34)

 

 

 

Francois Retief
Uitvoerende Amptenaar
uitamp@sinoos.co.za

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.