Bid vir die Nasies: Brasilië

Op Sondag 25 Augustus het Brasilië se president, Jair Bolsonaro, militêre operasies in sewe state gemagtig om die brande in die Amasone te bestry. Oorlogsvliegtuie het begin om water op die brandende woude in Rondonia, ’n staat wat deel uitmaak van die Amasone-oerwoud, te stort in ’n poging om die verwoestende brande te beëindig.

Bykans 80,000 brande is vanjaar in Brasilië aangeteken, die grootste aantal brande sedert hulle in 2013 begin rekord hou het. Duisende betogers het na die strate van Rio de Janeiro gestroom om te eis dat die regering meer moet doen om die reënwoud te beskerm.

Die brande in die Amasone-reënwoud het ’n wêreldwye kwessie geword.
Die Amasone-reënwoud in Brasilië is die grootste van sy soort op aarde. Dit word dikwels die ‘longe van die planeet’ genoem vanweë sy belangrike rol in die vervaardiging van suurstof, wat regoor die wêreld deur weerstelsels vervoer word. Bid asseblief saam vir Brasilië.(Genesis 1:12)

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.