Bid vir die Nasies: Egipte

Die afgelope dae het klein getalle Egiptenare in Kaïro en ander stede regoor Egipte betoog om hul misnoë oor die aantygings van korrupsie deur president Abdul Fattah el-Sisi en sy regering, te kenne te gee. Die protesoptrede – wat ongekend is in el-Sisi se Egipte – het die skree van slagspreuke, wat tydens die Arabiese lente-rewolusie in 2011 gebruik is, ingesluit en het tot skermutselinge en tientalle arrestasies gelei. Hooggeplaasde amptenare word daarvan beskuldig dat hulle miljoene spandeer aan luukse hotelle en huise, terwyl baie Egiptenare ekonomies swaarkry.

Hoewel Christene ’n minderheidsgroep in Egipte is, maak hulle ’n beduidende deel van die bevolking (na raming 10%) uit en hulle is die grootste liggaam van gelowiges in die Arabiese wêreld. Bid saam (1) vir die Kerk in Egipte – dat Christene die goeie in die land sal meebring; en (2) vir diegene wat ekonomies swaarkry – dat hulle die Here sal leer ken as hul liefdevolle Vader

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.